'n Vrou Se Gebed

 

 
 

Heer, vergewe my as ek soms
  teen die prikkels skop.
  As ek soms soos 'n
  verwoede bul teen die tralies beur.
  Dat ek soms in magtelose woede
  en rebelsheid wil uitroep
 

 
 

WAAROM EK?

 
     
 

Gee dat ek betyds sal onthou dat ek
  my God nie mag bevraagteken nie.

 
     
 

Heer, as ek hulle wat my seermaak
  en verneder, graag met dieselfde
  munt wil terugbetaal...
  laat my tog dadelik onthou
  dat die wraak u toekom.

 
     
 

En Heer, wanneer haat in my opkom
  teenoor diegene wat my verontreg...
  laat my onthou dat u gesê het:
  julle moet jul vyande liefhê,
  seën dié wat julle vervloek,
  doen goed aan dié wat julle haat.

 
     
 

Heer, wanneer ek dan deur
  bitterheid verswelg word,
  laat ek tog onthou,
  ek is nooit alleen nie.
  U is net sover van my af
  as wat my knieë van
  die grond af is.

 
     
 

  Laat ek dan 'n stil hoekie kry
  en by my Heer gaan skuiling soek.
  Nadat die trane my oë gewas het,
  sal ek kan sien hoeveel ek
  nog het om voor dankbaar te wees.

 
     
 

Laat ek dan soos die ou liedjie sê,
  'n stukkende leë vat wees,
  stukkend as U my wil heelmaak,
  heel as U my wil volmaak en gebruik.

 
     
 

En as ek die oes
  so wit op die lande sien
  en die arbeiders so min,
  laat ek dan uitroep:

 
     
 

Hier is ek, stuur my!

 
     
 

Amen.

 
     

 

 

 

 

Terug na inhoudsblad