| |
 |
|
| |
'n Vrou Se Gebed
|
|
| |
Heer, vergewe my as ek soms teen die prikkels skop.
As ek soms soos 'n verwoede bul teen die tralies beur.
Dat ek soms in magtelose woede en rebelsheid wil uitroep
|
|
| |
WAAROM EK? |
|
| |
|
|
| |
Gee dat ek betyds sal onthou dat ek my God nie mag bevraagteken nie. |
|
| |
|
|
| |
Heer, as ek hulle wat my seermaak en verneder, graag met dieselfde munt wil terugbetaal... laat my tog dadelik onthou dat die wraak u toekom. |
|
| |
|
|
| |
En Heer, wanneer haat in my opkom teenoor diegene wat my verontreg... laat my onthou dat u gesê het: julle moet jul vyande liefhê, seën dié wat julle vervloek, doen goed aan dié wat julle haat. |
|
| |
|
|
| |
Heer, wanneer ek dan deur bitterheid verswelg word, laat ek tog onthou, ek is nooit alleen nie. U is net sover van my af as wat my knieë van die grond af is. |
|
| |
|
|
| |
Laat ek dan 'n stil hoekie kry en by my Heer gaan skuiling soek. Nadat die trane my oë gewas het, sal ek kan sien hoeveel ek nog het om voor dankbaar te wees. |
|
| |
|
|
| |
Laat ek dan soos die ou liedjie sê, 'n stukkende leë vat wees, stukkend as U my wil heelmaak, heel as U my wil volmaak en gebruik.
|
|
| |
|
|
| |
En as ek die oes so wit op die lande sien en die arbeiders so min, laat ek dan uitroep:
|
|
| |
|
|
| |
Hier is ek, stuur my! |
|
| |
|
|
| |
Amen.
|
|
| |
|
|
|
|
|
|
| |
Terug na inhoudsblad |
|