Swerwer
Niemand weet waar kom jy vandaan
En ook nie waarheen jy gaan
Hardloop jy weg van die geraamte in jou kas?
Of is jy besig om in die donker te tas?
Na 'n droom gedroom
By 'n boom langs 'n blink waterstroom.
Jy lyk verwaarloos
En ook moedeloos
Is jou lewe besig om jou in te haal?
Vertel ons jou verhaal
Van vreugde of verdriet
Wat die lewe jou ookal bied.
Jy is vry soos die wind
Maar sal jy liefde ooit vind?
In ons węreld sonder liefde
Is erns 'n vrou vol van liefde
Sy wag vir jou
Gaan dan gou.
Laat die wind jou dra
En vra nie vrae
Oor die vrou wat wag
Tot jou volgende dag.