My Liefste Dogter
Van die oomblik toe
ek jou in my arms
vas hou, het jy 'n spesiale
plekkie in my hart verwerf.
Selfs al het ons
al baie gestry, baklei,
sal ek altyd
vir jou lief bly.
Ek weet self nie hoekom
ek wag vir 'n geleentheid
om te sê
hoe lief ek jou het nie,
want die gevoel
is nog altyd daar.
Jy is 'n wonderlike dogter,
en verdien
om dit meer te hoor,
as wat ek dit vir jou sê.
Jy is die beste dogter
wat 'n ma kan hê!
"Mammie"