Hierdie bladsy is opgedra aan almal wat 'n dierbare verloor het, maar spesiaal aan "KL"
Afskeid van 'n dierbare
Ons tyd op aarde saam
Is nooit genoeg nie
En ons is op afskeid
Nooit voorbereid nie.
Die lewe maak soms
Snaakse draaie
Waarop niks ons
Ooit kan voorberei nie
Die seer wat ons
voel
Wanneer ons iemand aan
Die dood afstaan
Skeur ons harte oop
En laat dit lank
In ons gemoedens rus.
Alhoewel die seer
Nooit regtig weg gaan nie
Groei daar tog met tyd
‘n rofie oor wat die
hartseer verby en die leemte
met herinneringe vul
Mag die gedagtes aan
gister
En die liefde wat dit bring
Help om die intenste
Seer te verlig.