Boetie

As ek ooit moes vergeet,
jou woorde; my leed;
As ek altyd moet onthou;
jou sinne en my rou

Die seer binne het plek gemaak vir herineringe
Maar die herineringe het trane gelaat.
Ek wonder soms , hoe dit gaan;
en of jy aan my dink;
maar ek worry nie veel;
want jou liefde is orals te vind.

Jou hande is nie meer warm,
maar ek voel jou in die wind
Al is jou oë nie meer sigbaar,
kyk jy nog na my.

Al is jou stem nie meer hoorbaar,
praat jy nog met my
Jy het 'n leemte gelaat,
maar in my hart kom bly;

My liefde vir jou is nog lank nie verby
Ek soek nog elke dag na 'n stukkie van jou,
Ek weet ek sal moet wag;
want ons ontmoeting is nie nou

My liefste boetie ek verlang na jou...

                                                                           Wilma Steyn

Terug