Koppige Dogter

Daar het 'n jonge dogter
vlak by die hek gestaan
waarlangs so baie manne
met wonderlike sjarme gaan.

En eendag kom daar langes
die mooiste ou verby
wat met sy swier en sjarme
jou dwars van die pad af vlei.

Sjarmante swierbol en hartebreker
verdwyn weer agter 'n heuwel top
en stadig lig die meisie
haar blonde koppie op.

Haar skoonheid was geskonde
haar vertroue was verweer
op een plek was haar hartjie
so ampers middeldeur.

Maar tog met die loop van jare
was die wonde uitgewis
maar op een plekkie bly 'n teken
wat ongeneesbaar is.

                                                                        "Ouma Babs"

[Terug na Inhoudsbald]