Die rede is jy!
Dit fladder, dis vry
dit sweef en dit gly
alles is mooi
en die mooiste is jy!
Dit skarrel en skommel
dit borrel en grommel
alles is lief
en die liefste is jy!
Dit draai, sing en suis
dit swaai, spring en druis
my hart voel so bly
en die rede is jy!