Hi jy

Hoe gaan dit?  Ek moes net eenvoudig ‘n nota stuur om te sê HOEVEEL EK JOU LIEFHET.

Ek het jou gister opgemerk waar jy met jou vriende gesels het.  Ek het heeldag gewag en gehoop dat jy met My ook sou praat.  Namate dit aand geword het, het ek jou ‘n sonsondergang gegee om jou dag mee af te sluit en ‘n koue bries om jou te laat rus.  Ek het gewag, jy het nie. O ja, ek was seergemaak, maar ek sal jou steeds liefhê want jy is my vriend/in.

Ek het gesien toe jy aan die slaap raak en het verlang om aan jou te raak, daarom het ek maanlig op jou kussing en gesig laat val.  Eers het ek gewag, ek wou so graag gesels.  Ek het so baie gawes om aan jou te gee!  Jy het laat wakker geskrik en werk toe gehaas.

 My trane was in die reen.

Vandag het jy so hartseer gelyk …. So alleen, dit maak my so hartseer, want ek verstaan.  My vriende laat my ook soms in die steek, maar ek het jou lief!  Ek probeer jou vertel met die blare aan die bome en ek plaas die liefde vir jou in die kleure van die blomme.  Ek roep jou in die water strome en gee die voëls liefdesliedere om aan jou te sing.   Ek omring jou met sonskyn en geur die lug met die natuur se geure.  My liefde vir jou is dieper as die oseane en groter as die begeerte in jou lewe.

As jy maar net geweet het hoe graag Ek met jou wou praat of saam met jou wou stap.  Ons kan ‘n ewigheid in die hemel spandeer.  Ek wil graag dat jy my Vader ontmoet, Hy wil jou graag help.

Roep my net, vra my net, praat met my ….. moet my asseblief net nie vergeet nie.  Ek het so baie om met jou te deel.  Goed, ek sal jou nie verder lasting val nie.  Jy is vry om my te kies.  Dit is jou besluit.   Ek het jou uitgekies vir hierdie rede …….

EK HET JOU LIEF.

Jou vriend

Jesus

Terug na Inhoudsblad