Ek vra net
Ek loop alleen deur die lewe
hartseer en seerkry my metgesel
Ek stap alleen die eensame paadjie
Probeer my rug draai op pyn en smart.
My hande uitgestrek na bowe
soekend na hulp en raad
Maar al die vrae bly so onbeantwoord
Eensaamheid my grootste smart.
So loop ek alleen deur die lewe
magteloos en sonder raad
net u o Heer weet van al my harseer en leed
Maar ek soek en vind u nie aan my sy.
Hande uitgestrek na bowe
soekend na hulp en leiding
vrae bly onbeantwoord
Heer hoor u dan nie my hartskastyding.
Sien u nie die trane in my oë
hoor u nie my harts versugting
hoor u nie die rou krete na bowe
ek is seker u kyk op my neer van bo.
Sawens as die slaap my ontwyk
ek starend in die donker nag
met pyne wat my liggaam verteer
hoor u dan nie my roepkreet o Heer.
-Babsie-
(Oorlede 14 Mei 2008 in die ouderdom van 78jaar)