Gelukkig

Gelukkig is die wat oor hul self kan glimlag
Want hulle sal altyd in ‘n goeie luim wees

***

Gelukkig is die wat ‘n molshoop van berg kan onderskei
Want hulle sal baie dorings kan vermy.

***

Gelukkig is die wat genoeg rus en slaap kry
Want hulle sal wyse mense word

***

Gelukkig is die wat swyg en luister
Want hulle sal heelwat leer

***

Gelukkig is die hul nie self ernstig opneem nie
Want hulle sal baie gewild word

***

Gelukkig is die wat ‘n glimlag waardeer en ‘n nors gesig vergeet
Want hulle sal sonnig deur die lewe gaan

***

Gelukkig is die wat die doen en late van ander welwillend vertolk
Want  hulle sal mensliewend wees, al lyk hulle naief

***

Gelukkig is die wat dink voor hulle doen en glimlag voor hulle dink
Want hulle sal baie dwaashede vermy

***

Gelukkig is hulle wat na teenslae verder gaan
Want hulle is onderweg na ‘n welgeluksalige plek

***

Gelukkig is die wat die Heer in ander herken
Want met hulle hande in die lug het hulle die ware wysheid gevind.

   

Terug na Inhoudsblad