Gesoek & Gevind
'n Hart was soekend na 'n stukkie liefde,
by 'n glimlag het ek dit gevind.
'n Mond was opsoek na geselskap,
by 'n soen het dit begin.
My hande wou dans in joune,
maar het gaan lê,
om die rede te bedink.
Maar voor ek my oë kon oopmaak
het jou persoonlikheid,
my verslind.
Nou draf ek in 'n veld vol liefde,
en jy is elke blommetjie
wat ek pluk...
Daar is nie meer tyd vir
hartseer,
daar is nie meer tyd vir
dink,
My hart was soekend na liefde,
my hart..
het joune gevind!
Opgedra aan Charl Beneke
Wilma Steyn