
Ideale Is Soos Sterre
Wie na hoër dinge strewe
En wil handhaaf en wil bou,
Word in die moderne lewe
Uitgelag en uitgejou.
En as daagliks maar die voorwerp
Van droggeklets en twis
Oral word dit luid verkondig
Dat ons preuts en outyds is.
Dog ons lewensideale
MOet ons vroeg begin te bou
Op fondasies van gebede,
Op geloof en liefdetrou.
En onthou ons ideale
Is somtyds onbereikbaar hoog,
Soos die sterre wat daar skitter
Teen die veraf hemelboog;
Maar soos die ervare seeman
Op die wilde woeste see
Van die sterre moet gebruik maak
Om die rigting weer te gee.
So kan ons ook op die golwe
Steeds ons rigting bly behou
As ons al ons ideale
Op geloof en liefde bou.
Kan ons dit dan nie bereik nie
Kyk maar na die hemelboog
En ons word net so glansryk
Soos die sterre ver omhoog.
HSR