Lewe 'n spel vir hulle

 

Toe kom jy, vol bravade en dapper,
en kruip onder my vel in;
in my bloed en in my denke.

 

Jy breek die omhulsel
om my hart en toe
gaan ek en laat toe
dat jy my weerloos maak.

 

Ek laat toe dat jy my skanse afbreek
sodat ek weer seerkry en
weer besef die lewe is bloot
'n spel vir julle.

 

Ek slak my weer in my skulpie toe,
skuifel voorentoe en soek
beskerming in die koelte
van alleenheid en verwerping.

 

Die jagtog was verby;
die trofee joune.
Ek het meegedoen
aan die spel.

 

Om 'n rukkie lank te weet
hoe dit is om aan die hitte van jou
liggaam te raak en die reuk
van jou menswees in te asem.

 

Maar soos die bloeisel
oorgevoelig is vir die koue,
so was dit met ons.

 

Die tyd sal die letsels heel,
maar in my binneste sal ek
altyd iets met argwaan
en ongeloof benader.

                         "Trapfiets"


                                                                           guestan.gif (20400 bytes)   
                                                                          Teken my Gaste Boek    

[Tuis]   [Inhoudsblad 2]

Free JavaScripts provided
by The JavaScript Source