U luister na "Everything I do. I'll do it for you" midi
Ek Belowe...
Ek belowe
aan jou al my liefde
vir nou en vir ewig,
sodat ons in liefde
altyd bymekaar sal wees
en nooit uitmekaar sal groei nie.
Ek beloof
om jou in my
vertroue te neem as ek
onseker voel.
Ek beloof
om jou woorde of dade
nooit sommer net te veroordeel
voordat ek nie eers na jou hartsgevoel
geluister het nie..........
Ek beloof
om jou te ondersteun
in alles wat jy probeer bereik,
omdat jou doelwitte nou ons doelwitte is,
doelwitte wat ons saam gaan bereik.
Ek beloof
om met 'n glimlag terug
te dink aan die goeie
sowel as die slegte tye,
om uit elke fout te leer.
Ek weet dat elke tree wat
ons saam neem'n sukses
gaan wees as ons net probeer.
Ek beloof
aan jou al die geluk
wat ek kan bied,
sodat ons toekoms saam
net die beste sal wees.
Ek beloof
om tyd aan ons vriendskap
af te staan sodat ons beste
vriende kan word, sodat ons
saam kan droom en saam ons
drome werklikheid kan maak.
Bowenal beloof
ek om nimmer
jou liefde as vanselfsprekend
te aanvaarnie.
Skrywer Onbekend
e-pos my met enige kommentaar