aniwaterfall.gif (45640 bytes)

Soos 'n fontein

As jy op jou beste wil vertoon, vooruitgaan en floreer, lewe en
lewenskragtigheid wil behou, en in goeie gesondheid wil verkeer - onthou dan
net: jou gedagtes het daar baie mee te make; blymoedige gedagtes hou
jou jonk en sterk en uitgelate!

bird.gif (2448 bytes)


Vul jou dag met 'n vonkeling van vrolikheid en hoop.  Moenie jou sit
en verknies nie, wat ookal sy verloop.  Maak jou werk vir jou
plesierig, probeer die genoegdoening daarvan behou.  Wat jy doen kan
vervelig wees of vreugdevol; maar dit hang alles van jou af.

bird.gif (2448 bytes)



In jou gees het jy die mag om te kies wat jy wil wees.  Jy kan jou
wereld, jou persoonlikheid, skoei op 'n
nuwe lees.  Elke dag kry jy die kans om 'n nuwe koers in te slaan. Jy
kan sink of, soos 'n fontein, jubelend die lug ingaan.
bird.gif (2448 bytes)

Tuis    Inhoudsblad 2