U luister na
"Joyride"midi
Liefde is...
Liefde is deel elke
dag
Liefde is omgee en lekker lag
Liefde is gee van die begin
Liefde is liefhê sonder besin
Liefde is 'n droom gedeel deur twee
Liefde is 'n skat wat die lewe gee.
**********
Liefde en geluk is eers sigbaar as
dit reeds verby is.
**********
Liefde is geluk -
wie kan liefhê is altyd gelukkig.
**********
Dit is die liefde
wat die klop in jou hart,
die huppeling in jou hakskene,
die blink in jou oë en
die lus vir die lewe
in jou lyf saamsnoer.
**********
Liefde is 'n sagte
aanraking
van jou lippe teen myne!!!
*********
Liefde is hande
vashou tydens 'n
romantiese wandeling langs die see
onder die maan en sterretjies.
**********
Liefde is om sonder
woorde te weet
iemand gee om.
**********
Wil jy jou eie
versie of gediggie hier sien
E-pos my met bydrae