heart&rose.gif (7956 bytes)          Monica

Ek weet van die seer diep in jou hart
Al die pyn wat in jou lewe nooit bedaar

In gedagtes dwaal duisende drome
Elke hart ken die stilte van alleenheid

Ja elke hart het 'n wens ....
'n Droom bly mos deel van die mens

Jy moet in jou drome aanhou bou
want elke hart het tog maar sy wens.

Skryf jou drome op reenboë en wolke
en die hemel sal jou mooiste drome seën.

Ek vra jou om aan te hou glo
en jy sal sien uiteindelik word dit waar.


                                                Tia

 

[Tuis]  [Indeksblad 2]