U luister na' Teach your children well" midi

Vriendskap
Om 'n vriendin te hê is wonderlik, maar weet ons 

somtyds met watter vriendin ons werklik te doene

het.  Herken jy daardie vriendin tussen hierdie 

beskrywing of herken jy jouself?
 
Dit laat 'n mens wonder oor die opregtheid van ons,  

en/of ons vriendinne.
 
Die Drukkoker
In haar het ons 'n bekwame leier wat

 vele take op haar skouers kan neem.

Sy doen alles gouer en beter as 'n ander.

Een groot nadeel wat sy het,

is dat wanneer sy op 'n keer onder te groot 

druk kom en sy word nie dadelik af gekoel nie,

is die skade ontsaglik groot.
Die Dubbelkastrol
Sy is die een wat net goed kan

funksioneer as sy iemand anders onder

haar het wat die stoomwerk doen.
Die Pappot
Sy is die gawe en lekker ou maat met wie jy 'n lang

pad kom.  Sy staan rustig eenkant en prut.

Jy weet presies wat onder haar deksels aangaan,

daarom maak jy ook nie die pap te dik aan nie.
Die Ryspotjie
Hierdie outjie is al te lief vir skinder.

Jy vertel haar nie jou hartsgeheime nie,

want die oomblik as jy jou rug draai,

loop sy oor, verseker.
Die Pan
Hier het ons daardie oop vriendelike mens.

Sy verberg niks onder 'n deksel nie,

en steek haar lang arm uit om jou te help.

Sy is on-ontbeerlik in die kombuis.

Sonder haar gaan jy nie klaarkom nie

bly jou siel arm.

 

Tog het elke pot 'n plek op jou rak:

Soms jeuk jou hande wel om party

na jou smaak te skuur.  Pas net op

dat jy nie meer aangebrand lyk as

hulle almal saam nie.

 

Kom ons vra die Here om genade vandag en haal

die mooiste uit die pot of pan vir ons eie lewe.

           Stuur die bladsy aan
'n vriendin


           E-pos hom aan 'n vriendin

 

                [Tuis]  [Indeksblad  2]