Klim tot jou droom verwesenlik word

Die stryd wat jy voer lyk soms donker -

Die opdraende te steil, ontoeganklik

Dat jy voel om daaroor te kla.

Maar onthou,

as jy klim met Geloof in jou hart

Word die steilste bergpad kort;

Dus klim in Geloof, klim onverpoosd -

Tot jou drome verwesenlik word.

Waarna jy so doelbewus strewe

Sal jy eindelik kan bereik.

As jy net in Geloof wil voortgaan.

En ontwrikbaar voorentoe kyk;

Want Geloof is die magtigste wapen

Waarvoor elke vesting moet swig.

In Geloof kan jy gaan, triomferend -

Word die grootste probleme oorbrug.

Geloof sal die steiltes gelyk maak

En die berge in duie laat stort;

So, begin vandag - begin klim in Geloof

Tot jou drome verwesenlik word.

                                                HSR

Terug na Inhoudsblad