Kruispad
As jy kom by die kruispad in jou
lewe
en besef jy is nou heeltemal alleen
en jy dink aan die jare wat verby is
en die duur lesse wat jy moes leer.
Sal jy met heimwee kan terug dink
aan die mooi goeie tye wat daar was
of sal verbittering van alle seerkry
die mooi herinneringe uit jou lewe wis.
Die lewe is so kort van duur
In 'n oogwink is dit vir ewig verby
en al wat van die jare oorbly
is net moeites en verdriet.
As jy kom by die kruispad van jou
lewe
en besef jy's nou heeltemal alleen
sal jy dink aan die mooiste jare wat verby is
of al die teleurstellings van welleer.
As jy die kruispad nader in jou
lewe
en nie weet waar nou heen
en jou moed jou wil begewe
kyk dan op na bo, jy is nie alleen.
Opgedra aan Tia - Met liefde -Mammie