Liefde
Almal gee altyd voor
Maak asof hulle nie voel
Asof hulle nie omgee
Wanneer hulle dit verloor
Almal het harte
Niemand is beter as ander
Almal mens, almal swak
Almal met eie pyn en smarte
Ons glo almal daaraan
Ons lewe dit – elke dag,
Al wil ons nie en kan ons nie :
Dit bestaan
Vol lewe vol krag
Dus en daarom
Liefde in oorvloed.