
Liefdestaal
Die
liefde se klop-klop het deurgesyfer

en
nesgeskop
in
die diepste, kosbaarste holtetjie van jou hart.
Dit
het ontkiem in ‘n rare struik
waardeur
die wind soete deuntjies fluit
en
die sonstrale op die blare dans.
Die
seisoene in harmoniese simfonie –
met
lentes wat huppel
met
somers wat blom en bloei
met
herfs wat wieg en wals
met
winters wat warmte uitstraal.
Omgee
verander in perfekte osmose,
emosies
wat deurlopend
kommunikeer
deur ‘n onsigbare,
vir
die buitewêreld onderdringbare, membraan.
Twee
harte klop soos een
en
oë gloei in liefdestaal.
‘n
Nimmereindigende vervolgverhaal
vol van humor, drama’s, aksies, avontuur…
"ML"