Want
môre is die antwoord
op
vandag se vrae
gebore
uit gister.
Want
môre is die eendag
van
vandag se denke
uit
gister se drome.
Want
môre is die toekoms
uit
vandag se twyfel
en
gister se foute.
Want
môre het ‘n hoop
teenoor
vandag se wonder
en
gister se vrae.
Want
môre is die lewe
uit
vandag se besluite
en
gister se lesse.
Want
môre kan verander
uit
vandag se leer
van
gister se treë.
Want
môre is myne
om
vandag te begin
en die gisters te bęre.
"ML"