
As Ek My Lewe Kon Oorhê |
|
Iemand het my die ander dag gevra: "as jy jou lewe kon oorhê, sou jy iets verander het?" |
|
"Nee," het ek geantwoord, maar toe begin dink... |
|
As ek my lewe kon oorhê, sou ek minder gepraat het en meer geluister het. |
|
Ek sou vriende oorgenooi het, al was die mat dof en die meubels verweer. |
|
Ek sou roomys in die 'goeie' sitkamer geëet het en minder oor die gemors bekommerd gewees het as iemand die vuur in die vuurherd wou aansteek. |
|
Ek sou nie daarop aangedring het dat die motor se ruite toe moet wees in die somer omdat my hare deurmekaar waai nie. |
Ek sou die pienk kers wat soos 'n roos lyk aan die brand steek voordat dit gesmelt het terwyl dit gestoor was. |
|
Ek sou minder gehuil en gelag het terwyl ek televisie kyk, maar ek sou dit meer wou doen terwyl ek die lewe aanskou. |
Ek sou bed toe gegaan het as ek siek was en nie voorgegee het dat die wêreld sonder my sal stilstaan nie. |
|
Ek sou nooit iets gekoop het net omdat dit nie stof wys/ 'n leeftyd hou/prakties/kreukeltraag is nie. |
Instede daarvan om nege maande se swangerskap om te wens, sou ek elke oomblik daarvan geniet het. Om die wonder te besef van 'n lewe wat binne my besig is om te groei en om vir God te help met hierdie wonderwerk. |
|
Sou my kind my in sy voortvarendheid soen, sou ek nooit weer sê: "Later. Gaan was nou eers jou hande sodat ons kan eet." |
|
Daar sou meer "EK IS LIEF VIR JOU", meer "EK IS JAMMER" wees. |
|
Maar veral, indien ek nog 'n kans in hierdie lewe sou kry, sou ek elke minuut aangryp, daarna kyk en dit waarlik RAAKSIEN, dit belewe, en dit nooit teruggee nie! |
|