Moet Nooit Ophou Droom Nie
Onthou altyd die son
en vergeet die onweerswolke...
Onthou ook dat jy soms gewen het
en vergeet die donker lewenskolke.
Vergeet van al die foute
en leer daaruit 'n les,
en doen dan in die toekoms,
nooit minder as jou bes.
Vergeet van al die onaangename
wat soms daar was,
moenie dat dit jou toekomsplanne
onnodig gaan belas.
Vergeet van al die dae
alleen en sonder hoop,
maar dink aan
daardie glimlag wat
geen geld ooit kan koop.
Vergeet van mislukte planne
al was dit soms jou loon,
dink eerder aan die toekoms
en moet nooit ophou droom!
Skrywer onbekend