Om Ander Lief Te Hê Beteken

                         

Om nooit iemand sleg te behandel wat jou irriteer nie

 

Om altyd mense so te hanteer dat hulle graag by jou wil wees
sonder om bang te wees dat jy hulle sleg sal behandel

 

Om ander mense dit wat hulle het of kry, te gun sonder om
lelik te wees as jy dit nie het nie

 

Om nie heeltyd oor jouself te praat en te spog nie

 

Om nie heeltyd te maak asof jy soveel beter
as ander mense is nie

 

Om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat
ander nie ongemaklik saam met jou voel nie

 

Om nie heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie

 

Om nie sommer vir niks kwaad te word nie

 

Om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen
te onthou sodat jy hom of haar kan terugkry nie

                    Nicolene Strydom -Walvisbaai                     

                                                                                           

 

Terug na Inhoudsblad