Om weer te begin
Dis
so stil hier in die son,
Waar die oranje blare om my val.
Die bankie se roes en roer,
Herinner my aan gister se drome.
Hoe
wankelrig so ook my bestaan,
Juis soms dan ook somtyds soos nou.
Maar tog die strale deur die blare,
Val strelend oor my bekommerde berou.
Oor
die bankie se groen oorblywing,
Neer na die grassies tussen my tone.
Die gerus hier diep in my hartjie,
Genoeg om die sorge te laat staan.
Om
my te verfris in die gedagte,
Dat more se geluk nog kom.
om weer te begin vat 'n sekonde,
Maar 'n jaar om mooi te beplan.
En 'n leeftyd om te vervolmaak...
Marius van der Walt