
Onvoltooide Gedig
Ek
sou die sterre en die maan
Vir jou gaan
haal, as dit sou help.
Ek sou al die
goud en silwer opgee
Vir jou
alleen, as dit sou help.
Die maan en
die sterre is te ver.
Goud en
silwer het ek nie.
Hier staan ek
voor jou met alles
Alles wat ek
het, alles wat ek kan gee.
Ek staan hier
met ‘n hart wat al soveel
keer gebreek
is. ‘n Hart wat aanmekaar
gelas is met
pleister. Ek weet van jou pyn.
van jou
gebreekte hart. Ook in skerwe.
Uit twee
gebreekte harte kan daar ‘n enkele
heel hart kom,
‘n hart gedeel deur twee mense.
Een hart, een
siel, een liefde. Laat my toe om
jou te help
om jou hart weer heel te kry.
Ek sal bly
wag tot die dag, die dag wat
jy weer
iemand in jou hart sal toelaat,
Al is dit vir
die res van my lewe.
Deur: Tobias de Villiers Jansen van Noordwyk