REENDRUPPELS

Hoor jy die reëndruppels op die dak

Sien jy die trane in my oë?

Sien jy die poele water wat gevorm het in die grond?

Hoor jy my snikke uit my bors in my hande?

Hoe harder die reën, hoe seerder is my hart.

 

Sal jy my kom haal uit die reën?

My toevou in jou arms, ja beskerm teen die seer......

Beskerm teen die reëndrupels wat

koud en nat teen my afgly.

Sal jy my trane kan onderskei tussen die druppels en

kan vertroos teen jou bors met my in jou arms toegevou?

                                                                            Lorma

Terug na Inhoudsblad