Seer
Wys my die plek waar
ons saam geloop het
Eens toe jy myne was ----
Vroeër toe ons harte so
veel gehoop het,
Vroeër toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde!
Net jy nie.
Wie van ons twee
moet die meeste dra?
Jy wat vergeet het -----
of ek wat moet boet ----
vir my liefde wat uithou
en alles vergoed?
C Louis Leipold