Sien jou weer!!!!

Waarom hartseer in jou oë?

Hoekom heimwee in jou hart?

Die verlange wat daar voorlę

Bring ook liefde nie net smart.


Dit is totsiens en nie vaarwel nie

Dit maak die afskeid minder seer

As ons groet gee my ‘n glimlag

En ek sę net “sien jou weer”


Daar was soveel goue drome,

Ons kon aanhou daaraan bou

Dink aan die bymekaar wees ure

Neem die mooiste saam met jou


Dit is totsiens en nie vaarwel nie

Winter wolke kom en gaan

Tot ons nuwe lente aanbreek

Groet ons “sien jou weer”


Sien jou weer

Laat dit goed gaan

My hart is joune

Jou liefde sal myne bly

 

Sien jou weer

Maak groet ons belofte

Al kom verlange

Sien ek jou weer!

                           Skrywer Onbekend

             

Terug na Inhoudsblad